|
Reparasies teenoor Verbeteringe |
|
|
|
|
Tuesday, 17 February 2009 16:20 |
|
Reparasies is aftrekbaar as 'n uitgawe teen u belasbare inkomste, terwyl verbeteringe die waarde van 'n bate verhoog. Dit is egter nie altyd so maklik om te onderskei tussen reparasies en verbeteringe nie en ons wil met hierdie artikel vir u 'n paar riglyne gee om u behulpsaam te wees daarmee.
Die vraag wat gevra moet word is: Bring die uitgawe 'n beterskap aan die besigheid se inkomste-verdienings struktuur, of restoreer dit net die struktuur tot sy vorige kondisie. Indien 'n uitgawe die markwaarde van 'n bate direk en betekenisvol verbeter, is dit van 'n kapitale aard en word dit as 'n verbetering gesien. Maar as dit die bate restoreer tot 'n vorige kondisie en dit nie die markwaarde van die bate beïnvloed nie, is die uitgawe 'n inkomste struktuur en word dit toegelaat as 'n aftrekking van die besigheid se belasbare inkomste. Paar voorbeelde ('n kantoorgebou is gebruik): | Verbeteringe | Reparasie | | Vervang ou mat met teëls | Vervang ou mat met nuwe mat | | Vervang daksinkplate met dakteëls | Verf dak | | Vervang sifdeur met veiligheidshek | Vervang sifdeur se sif met nuwe sif |
|
|
Last Updated on Tuesday, 17 February 2009 16:22 |